DEPARTEMENT VAN DIE PREMIER
HANDLEIDING
WET OP DIE BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING, 2000
DIE VISIE VAN DIE DEPARTEMENT
Om aan die voorpunt te wees met uitmuntende diens in die Vrystaatse Provinsiale Regering.
DIE MISSIE VAN DIE DEPARTEMENT
Om die mense van die Vrystaat te dien deur strategiese leiding te gee om te sorg vir gekoördineerde en geïntegreerde dienste binne die Vrystaatse Provinsiale Regering in ooreenstemming met die Grondwet.
Die Hoof van die Departement is die Direkteur-Generaal, Dr MC Nwaila
A. KONTAKBESONDERHEDE [artikel 14 (b) van die Wet]
Inligtingsbeampte
Posadres: Posbus 517
Tel: 405-5801/3
Faks: 405-5671
Adjunkinligtingsbeampte:
Posadres: Posbus 517
Tel: 405 5489
Faks: 405 4121
B. DIE SEKSIE 10-GIDS artikel 141c
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het `n gids saamgestel oor hoe om die Wet te gebruik. Enige vrae oor die gids kan gerig word aan:
Suid-Afrikaanse Kommissie vir Menseregte
Privaatsak X20801
Tel: 484 8300
Faks: 484 1360
C. TOEGANG TOT REKORDS GEHOU DEUR DIE DEPARTEMENT
Onderwerpe en kategorieë van rekords
Die onderwerpe en kategorieë van rekords wat deur die Departement van die Premier gehou word, sluit die volgende in:
i Departementele personeelrekords ii Departementele verkrygingsrekords iii Departementele finansiële rekords iv Agendas en notule van vergaderings v Verslae vi Publikasies vii Interne departementele beleide
Rekords oor regsaangeleenthede
Provinsiale beleide
Interne memoranda
Toesprake van die Premier
Versoek om inligting i) Outomatiese openbaarmaking artikel 14 (e)
Die volgende tabel ge `n uiteensetting van die rekords wat outomaties beskikbaar is en die manier om toegang te verkry
BESKIKBAAR VIR AANKOOP
Provinsiale Koerant
Eksemplare beskikbaar by Kamer 341, Lebohanggebou, Tel. 403 3139
BESKIKBAAR VIR KOPIëRING
Jaarverslae
Eksemplare beskikbaar op versoek vanaf die Adjunkinligtingsbeampte
Regeringsnuus
Eksemplare beskikbaar op versoek vanaf Adjunkinligtingsbeampte
Provinsiale Staatsrede
Eksemplare beskikbaar op versoek vanaf die Adjunkinligtingsbeampte
Begrotingstoespraak van Premier
Eksemplare beskikbaar op versoek vanaf die Adjunkinligtingsbeampte
Eksemplare beskikbaar op versoek vanaf die Adjunkinligtingsbeampte
Kwartaallikse Regsoorsig
Eksemplare beskikbaar op versoek vanaf die Adjunkinligtingsbeampte
Regshoekie
Eksemplare beskikbaar op versoek vanaf die Adjunkinligtingsbeampte
Eksemplare beskikbaar op versoek vanaf die Adjunkinligtingsbeampte
Eksemplare is verkrygbaar teen R0.60 per bladsy ii Die aanvraagprosedures n Aanvraer moet toegang verleen word tot die rekord van `n openbare liggaam indien die aanvraer aan die volgende voldoen:
Alle prosessuele vereistes in die Wet wat betrekking het op die versoek vir toegang tot die rekord; en
Toegang tot daardie rekord nie geweier word op enige gronde vir weiering wat in die Wet vermeld word.
Aard van die versoek:
n Aanvraer moet die vorm gebruik wat in die Staatskoerant gedruk is Regerings Kennisgewing R187 -15 Februarie 2002.
Die Aanvraer moet ook aandui of die versoek vir `n afskrif van die rekord is of indien die aanvraer die rekord wil nagaan by die kantore van die Adjunkinligtingsbeampte.
Alternatiewelik, indien die rekord nie `n dokument is nie, kan dit besigtig word in die vorm waarin dit aangevra word, indien moontlik artikel 292.
Indien iemand vir toegang vra en versoek dat dit in `n bepaalde vorm geskied, moet daar voldoen word aan sy of haar versoek. Voldoening aan die versoek hoef nie op `n onredelike wyse met die werksaamhede van die departement in te meng, die rekord te beskadig, of inbraak te maak op `n kopiereg wat nie deur die staat besit word nie. Indien daar om praktiese redes nie toegang verleen kan word in die vereiste vorm nie, maar wel in `n alternatiewe vorm, moet die die gelde bereken word ooreenkomstig die persoon se eeste versoek artikel 293 en 4.
Indien, benewens `n skriftelike antwoord op sy of haar versoek vir die rekord, die aanvraer verlang dat hy of sy op `n ander manier ingelig word, bv. telefonies, moet dit aangedui word artikel 182e.
Indien die aanvraer vir inligting dit namens iemand anders aanvra, moet die hoedanigheid waarin die versoek gedoen word, aangedui word artikel 182f.
Indien die aanvraer nie in staat is om te lees of te skryf nie, of indien hy of sy gestremd is, kan die aansoek mondelings gedoen word. Die inligtingsbeampte moet die vorm namens die aanvraer invul en hom of haar met `n afskrif daarvan voorsien artikel 183.
Twee soorte gelde moet ingevolge die Wet betaal word, die aanvraagfooi en die toegangsfooi [artikel 22]:
n Aanvraer wat toegang tot `n rekord verlang wat persoonlike inligting oor die aanvraer bevat, hoef nie die aanvraagfooi te betaal nie. Elke ander aanvraer, wat nie `n persoonlike aanvraer is nie, moet die voorgeskrewe gelde betaal:
Die inligtingsbeampte moet die aanvraer (behalwe `n persoonlike aanvraer) by wyse van kennisgewing inlig dat hy of sy die voorgeskrewe geld (indien enige) moet betaal voordat daar met die prosessering van die versoek voortgegaan word.
Die aanvraagfooi betaalbaar aan openbare liggame is R35. Die aanvraer kan `n interne appél indien, indien toepaslik, of `n aansoek by die hof doen teen die aanbieding of betaling van die aanvraagfooi.
Nadat die inligtingsbeampte tot `n besluit gekom het rakende die aanvraag, moet die aanvraer in kennis gestel word van sodanige besluit op die wyse soos versoek deur die aanvraer.
Indien die versoek toegestaan word, moet `n addisionele toegangsfooi betaal word vir die naspeur, voorbereiding en reproduksie en vir die tyd wat die voorgeskrewe ure oorskry word vir die naspeur en voorbereiding van die rekord. Die gelde word deur wetgewing voorgeskryf.
D. DIENSTE REGSTREEKS BESKIKBAAR AAN DIE PUBLIEK artikel 141f
Die doel van die Departement is nie bloot om dienste regstreeks aan die publiek te lewer nie, maar om strategiese leiding te gee en om dienste te koördineer in die Vrystaatse Provinsiale Regering. Die departement voorsien die volgende dienste regstreeks aan die publiek:
SOORT DIENS
HOE / WAAR DIENS VOORSIEN WORD
Inligting aan publiek
Tel: 713 0189
Tel: 673 1671
Tel: 082 550 8512
Tel: 532 6791
Tel: 789 1147
Tel: 721 0044
Tel: 421 9051
Tel: 813 1547 (faks)
Tel: 881 0003
Oproepsentrum om klagtes in te dien of navrae te rig
Kontaknommer 0800600224
E. ORGANISATORIESE STRUKTUUR VAN DIE DEPARTEMENT
Die Departement bestaan uit drie programme, naamlik:
Program 1: Administrasie
Hierdie program voorsien doelmatige bestuur en administratiewe ondersteuning aan die Premier en die Uitvoerende Raad om die regering se doelwitte en prioriteite te verwesenlik. Die program bestaan uit die volgende komponente: Premier ondersteuning, Uitvoerende Sekretariaatdienste, Kantoor van die Direkteur-Generaal, Institusionele Versterking, Sekuriteit Advies/Koördinasie, Interne Oudit en Finansiële Bestuursdienste.
Program 2: Institusionele Ontwikkeling
Program 2 strewe na die verwesenliking van die doelwitte van die Departement van die Premier deur die voorsiening van en onderhoud van goed-opgeleide en bemagtigde menslike hulpbronne, die fasilitering en koördinering van die bou van dwarsliggende kapasiteit binne die provinsiale regering deur opleiding en vaardigheidsontwikkeling, en voorsien strategiese leiding en die voorsiening en koördinering van regsdienste in die Vrystaatse Provinsiale Regering. Hierdie program bestaan uit die volgende komponente: Strategiese Menslike Hulpbronne Inligtingstegnologie Regsdienste en Korporatiewe Kommunikasie, en die volgende sub-subprogramme : Menslike Hulpbron Advies- en Koördinasiebestuur, Vrystaatse Opleiding- en Ontwikkelingsinstituut, Organisatoriese Ontwikkeling, en Media Strategie en Skakeling
Program 3: Beleid en Staatsbestuur
Hierdie program is die middelpunt van provinsiale beleidskoördinasie en die bevoorrading van strategiese rigting. Die program bestaan uit die volgende drie subprogramme en vier sub-subprogramme. Spesiale programme, Interregeringsverhoudinge en Strategiese Beleidbestuur.
F. REëLING WAT VOORSIENING MAAK VIR PUBLIEKE BETROKKENHEID BY DIE FORMULERING VAN BELEID EN DIE UITOEFENING VAN MAG artikel141g
EXCO-Ontmoet-die-Mense veldtogte word op gereelde tussenposes regdeur die provinsie gereël. Die doel is om aangesig-tot-aangesig interaksies tussen die provinsiale regering en gemeenskappe te weeg te bring en rekenskap en verduidelikings te gee oor beleide, programme en projekte.
Izimbizo veldtogte word ook gereël. Die doel is om aangesig-tot-aangesig interaksies tussen die nasionale regering en gemeenskappe te weeg te bring en rekenskap en verduidelikings te gee oor beleide, programme en projekte.
Ingevolge die Reglement van Orde van die Provinsiale Wetgewer, word alle wetgewing vir kommentaar gepubliseer voordat dit ter tafel gelê word. Die publiek word die geleentheid gebied om skriftelik vertoë te rig of om voor die verskillende portefeuljekomitees te verskyn.
Verskillende provinsiale wette maak voorsiening vir lede van die publiek om lede te benoem wat op sekere komitees moet dien. Hierdie verteenwoordigers kan besluitneming beïnvloed.
Wanneer regulasies opgestel word, word die publiek ook ingevolge die bepalings van die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid, 2000, uitgenooi om insette te lewer met betrekking tot sake wat hul regte affekteer.
G. DIE REGSMIDDELS WAT BESKIKBAAR IS INDIEN DIE BEPALINGS VAN HIERDIE WET NIE NAGEKOM WORD NIE artikel 141h n Aanvraer kan `n interne appél aanteken teen die besluit van die inligtingsbeampte by die Premier of `n persoon wat deur die Premier aangewys word. Die aanvraer kan by die hof aansoek doen om regshulp nadat die aanvraer die interne prosedure uitgeput het.
H. BYWERKING VAN DIE HANDLEIDING artikel 142
Die Provinsiale Administrasie sal, indien nodig, hierdie handleiding bywerk en publiseer, op tussenpose van nie langer as `n jaar.
I. BESKIKBAARHEID VAN DIE HANDLEIDING artikel 143
Die handleiding van die Provinsiale Administrasie word op die volgende manier beskikbaar gestel:
n Eksemplaar in elk van die drie amptelike tale moet beskikbaar gestel word by die Suid-Afrikaanse Kommissie vir Menseregte, en by elke kantoor van hierdie openbare liggaam.
